GESKIEDENIS

NG KERK PE SHERWOOD IS EEN (EN DIE JONGSTE) VAN DIE 9 GEMEENTES WAT
BINNE DIE RING VAN PE WES VAL
Die oudste gemeente in die Ring is gemeente PE Wes in Newtonpark wat in 1940 gestig is; die
gemeentegrense het geloop het vanaf Newtonpark tot by Groenbossies.
Met die uitbreiding in die westelike voorstede van Port Elizabeth het daar sedertdien 1940, 8 nuwe
gemeentes ontstaan – en wel in die volgende volgorde:
PE Nooitgedact 1959
Newtonpark Mowbraystraat – na raming ook in 1959
PE Sonheuwels 1964
PE Westering 1970
Kragga-Kamma 1973
Lorraine 1976
Heideveld 1982
Sherwood 1987 – afgestig van Nooitgedacht 1/3/1987 – was in die Nooitgedacht Kerkraad
aanvanklik bekend as die “Streek oorkant die rivier”
DS Eddie Avis was een van 3 leraars by Nooitgedach en moes daar vir hom ‘n pastorie gekry word.
Sy pastorie is toe in 1985 in die “Streek oorkant die rivier” gebou.
Op daardie stadium was die area waar Sherwood later ontwikkel sou word, ‘n beboste gebied. Die
maatskappy “Wonderwonings” het Sherwood mettertyd begin ontwikkel
Walkerrylaan was aanvanklik ‘n grondpad vanaf Kabegaweg – tot by Montroseweg – waar van die
eerste inwoners Mike en Petro de Lange vanaf 1969 gewoon het.
Die gemeentegrens islater getrek – dit was die gebied tussen die Baakensrivier aan Noordekant en
die Baakensrivier die suidelike kant.
NAAM VAN GEMEENTE
Op die afstigtingsvergadering op 25 Februarie 1987 moes daar op ‘n naam besluit word. Twee van
die voorstelle was Tweespruit sowel as Bloekomsrus. Die Kerkraad het in beginsel vooraf besluit dit
moet Tweespruit wees maar was daar toe onverwags ‘n derde voorstel nl Sherwood – ‘n stemming
het plaasgevind en het die keuse met een meerderheidstem op “NG Kerk PE “Sherwood” geval.
BRUIDSKAT
As bruidskat het Sherwood ‘n bedrag van R50 000 van gemeente Nooitgedach ontvang plus die
Boufonds wat toe reeds ‘n bedrag van R20 000 beloop het.
GROOTTE VAN GEMEENTE
Met afstigting het gemeente Sherwood 570 lidmate gehad. Die gemeente was aanvanklik in 28
wyke verdeel – maar het die lidmaat-tal en huise so uitgebrei dat dit mettertyd na 40 wyke verhoog
is. Sherwood se eredienste het aanvanklik in die skoolsaal van Laerskool Lorraine plaasgevind.
BOUPERSEEL EN BOUPROJEK
Die bouperseel is deur die oorspronklike eienaars aan die kerk geskenk. Planne vir ‘n kerkkompleks is
opgestel Die Kerkraad het die tender van die firma Joubertkonstruksie aanvaar – boukoste sou
R737 900 beloop en was ‘n verband van R740 000 oor die kerk se eiendom geregistreer.
Eerste sooi is deur Ds Eddie Avis gespit op 19/3/1988. Die verchroomde graaf wat tydens die
sooispit-seremonie gebruik was, doen hier in die suidelike voorportaal van die kerk.
Die bouprojek het ongeveer 8 maande geduur en was die kerk op 27/11/1988 ingewy.
Diefinale boukoste het uiteindelik net R665 000 beloop.
INWYDINGSDAG
Vier kore het tydens daardie dag opgetree. Ons eerste groep katkisante is ook voorgestel en 26
babas was tydens die inwyding van die kerk gedoop.
Een jaar daarna, naamlik gedurende 1989 is begin met die bou van die kategese lokale.
Gemeentelede het in hierdie tyd het baie baie hard gewerk – basare was gehou en het daar
byvoorbeeld ook op gereelde basis kosverkope vanuit ‘n ou karavaan vanaf die persele van
winkelkomplekse in die omgewing plaasgevind. Dit het die Kerkraad in ‘n posisie geplaas om die
verband na agt jaar, naamlik in Nov 1996 ten volle af te los.
GROND LANGS DIE KERK
Ds Kerkraad het onder leiding van DS Avis het ‘n droom gehad om mettertyd of ‘n aftree-oord of
selfs ‘n Christen-skool ërens te kon oprig. Die leë grond wat langs die kerk geleë was, was idiaal
geskik daarvoor. Dit het aan die PE Munisipaliteit behoort en sou op ‘n veiling verkoop word. Die
Kerkraad het besluit om die veiling te gaan bywoon en was ‘n bedrag van ongeveer ‘n bedrag van
R500 000 daarvoor beskikbaar gestel. Die veiling het in die PE Stadsaal plaasgevind en is die finale
bod op gemeente Sherwood toegeslaan en is dit gekoop vir ‘n bedrag van R400 000. Daar is
mettertyd begin met die bou van wooneenhede. Daar is besluit op die naam Sherwood-rus en is
daar in …….. begin met die bou van wooneenhede.
Tans is daar …….. wooneenhede en word slegs ‘n lewensreg op die gebruik van eenhede verkoop.
SIMBOLIESE BETEKENIS VAN DIE DAKSTRUKTUUR VAN DIE KERKKOMPLEKS
Die dakstruktuur van die kerkkompleks (kerk en saal) simboliseer drie belangrike gebeurtenisse. Die
hoë dakspits aan die oostekant van die saal (bokant die saal-verhoog) simboliseer God se skepping
van die heelal. Die dak van die saal loop vandaar skuins af in ‘n westelike rigting na die middel van
die kerk-kompleks tot by die twee hoofingange aan die suidelike en noordelike kant van die kerk –
hierdie middelpunt simboliseer die kruisiging van Jesus en vorm die Kruis deel van die struktuur van
die suidelike ingang van die kerk. Die dak van die kerk dy vanhier opwaarts uit in die Oostelike rigting
tot bo-oor die preekstel en simboliseer die hoë dakspits aan die mees oostelike kant van die
dakstruktuur, die wederkoms van Jesus Christus.
Ds Eddie Avis is na sy aftrede opgevolg deur Ds Rudie van Tonder en Ds Anton van Jaarsveld en is
hulle opgevolg deur Ds Babara.
