Sherwood gemeente

Sherwood gemeente is ‘n warm gasvrye gemeenskap van gelowiges aan die westelike gedeelte van Port Elizabeth.  Ons poog om ligdraers van Christus in hierdie wêreld te wees.

Op hierdie blad kan jy kennis maak met ons eredienste en selfs ‘n preek luister, saam met ons opgewonde raak oor die komende aktiwiteite,  ons diensaksies en ons sendelinge wat deur ons gemeente ondersteun word.

Dalk saam met mekaar worstel oor geloofsvrae en dalk selfs nog ‘n antwoord of twee kry. Kyk ook na ‘n paar interessante webskakels en sluit maklik aan by ons facebook groep.

Ons bestaan om God te verheerlik deur gehoorsaam aan sy Woord lidmate te mobiliseer, opbou en toerus en stuur om dissipels te maak van alle nasies.

Lees meerKerk

Print Friendly

Comments (3)

  • David Higgs

    |

    Hallo Rudi. Hou van die begrip “Heelwordsentrum”… vertel my bietjie meer.

    Reply

    • rudi

      |

      Dit was my kolega se mooi idee, sal dat hyself iets hier post.

      Reply

  • Anton

    |

    Middag Davey
    Dit is ‘n Bybelstudie/omgeegroep wat fokus op die mense wat seer het of voorbidding nodig het. ‘n Groep wat regtig die belange van ander op die hart dra, skakel gerus indien jy meer wil weet.

    Lekker dag
    Anton

    Reply

Leave a comment